Amper 16 000 nuwe Bitcoin miljoenêrs in 6 maandeJuly 24, 2025

Byna 16 000 Bitcoin-houers het tussen 20 Januarie en 20 Julie 2025 by die miljoenêrsklub aangesluit. Yahoo Finance berig die 15 841 nuwe toevoegings bring die totale aantal Bitcoin-miljoenêrs op 192 205 te staan, ‘n toename van 9 persent in net ses maande, en ‘n gemiddeld van 88 nuwe miljoenêrs elke dag. Die oplewing in die eenheid word toegeskryf aan president Donald Trump se steun vir die sektor en die optimisme in die mark. Bitcoin het in die laaste drie maande met amper 27 persent gestyg.