Kollegas het fouteer met Enercon-transaksie: MulungaJuly 24, 2025
Namcor se voormalige besturende direkteur, Immanuel Mulunga, se getuienis in sy borgaansoek duur voort. Hy het aan die hof gesê een van die redes waarom hy sy werk verloor het, was weens ‘n fout in die hertoewysing van fondse om bates by Enercon vir 53 miljoen Namibiese dollar te koop. Hy sê die raad het hom verantwoordelik gehou vir die besluit. Die transaksie is egter verkeerdelik deur kollegas as ‘n nuwe verkryging beskou, terwyl die fasiliteite reeds in Namcor se goedgekeurde begroting verantwoord was. Die fout is dus in die hertoewysingsproses gemaak. Volgens Namcor-beleid kon Mulunga slegs 25 miljoen dollar goedkeur, en enige uitgawes daarbo moes die raad goedkeur.