‘Michael’ in April ’26 vrygestelJuly 24, 2025
Michael, die lang verwagte biografiese rolprent oor Michael Jackson, sal in April 2026 amptelik vrygestel word. Dit sou vanjaar in Oktober gebeur, maar is vertraag weens lang naproduksieprosesse en uitgebreide heropnames. Die driemalige Oscar-benoemde John Logan het dit geskryf en die regisseur is Antoine Fuqua. Die fliek handel oor die superster se reis om die wêreld se Koning van Pop te word. Jackson se broerskind, Jaafar, vertolk die rol van sy oorlede oom, terwyl Colman Domingo en Nia Long die rolle van sy ouers, Joe en Katherine Jackson, vertolk.