Spanje verslaan Duitsland, kom teen Lionesses te staan in finaalJuly 24, 2025

Spanje het die agtmalige wenners Duitsland met 1-0 verslaan en die eerste keer ooit die eindstryd van die Europese Vrouekampioenskap in Switserland gehaal. Die tweemalige Ballon d’Or-wenner, Aitana Bonmati, het die wendoel in die 113de minuut aangeteken. Dis die eerste keer sedert 1997 dat Duitsland in die halfeindronde uitgeskakel word. Spanje kom Sondag in Basel teen die verdedigende kampioene van Engeland te staan in ʼn herhaling van die 2023-Wêreldbekerskouspel wat Spanje met 1-0 gewen het.