Abu Dhabi veiligste stad, Pietermaritzburg gevaarliksteJuly 25, 2025

Abu Dhabi is vir die negende agtereenvolgende jaar amptelik aangewys as die veiligste stad ter wêreld. Dit is volgens die 2025-verslag van die globale statistiekwebwerf Numbeo. Abu Dhabi het ‘n veiligheidsindeks van 85,2 uit 100 behaal. Dit word bepaal deur die persepsie van misdaadvlakke, ‘n veiligheidsgevoel op uitstappies snags, asook kommer oor geweldsmisdaad, diefstal en diskriminasie. Doha is die tweede veiligste stad ter wêreld, gevolg deur Dubai in die derde plek. Pietermaritzburg is die gevaarlikste stad ter wêreld en Windhoek is 35ste geplaas op die gevaarlys, sewende gevaarlikste op die vasteland.