Banke vra vir N$30m in 35 aansoekeJuly 25, 2025
Daar was 91 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof voor regters Nate Ndauendapo en Lotta Ambunda vanoggend. Tien was op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 35 aansoeke gebring waarvan 20 eiendomslenings was. Die banke eis betaling van 17,5 miljoen Namibiese dollar in skuld, waarvan 5,4 miljoen dollar ‘n plaas in die Omaheke-streek is. Daar is 14 lenings betaalbaar met ‘n skuldlas van 11,9 miljoen dollar. In een saak is daar skuld opgeëis deur Agribank van 7,7 miljoen dollar sonder enige eiendom en op die reël 108-rol. Een voertuig moet terugbesorg word. In Maandag se sessie hanteer regter Gerson Narib 57 onverdedigde egskeidings.