Beessiekte verkort Tour de France-skofJuly 25, 2025

Fietsry: Vandag se 19de skof van die Tour de France is verkort nadat die uitbreking van ‘n aansteeklike veesiekte onder bees die owerhede gedwing het om toegang tot ‘n deel van die roete te beperk. Die opdraande deel van 129,9-kilometer van die roete tussen Albertville en La Plagne is gekanselleer om die betrokke sone te vermy, en die skof sal nou slegs 95-kilometer lank wees. Die moordende tydren loop Sondag in die Franse hoofstad Parys ten einde.