Bibi oorweeg Hamas voorstelJuly 25, 2025
Die kantoor van die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, sê hy oorweeg ‘n hersiene voorstel van Hamas vir ‘n moontlike wapenstilstand en die vrystelling van gyselaars. Israel gaan steeds voort met lug- en grondaanvalle op die Gazastrook. Hamas het bevestig dat hy ‘n nuwe voorstel oorhandig het, maar nie die inhoud bekend gemaak nie. Volgens Reuters het bemiddelaars ‘n vorige weergawe as onvoldoende verwerp en nie eens aan Israel deurgegee nie. Albei kante is onder groot druk om ‘n ooreenkoms te bereik, terwyl die humanitêre omstandighede in Gaza steeds versleg.