Kabinet gee opdrag vir voltooiing van Calueque-pompstasieJuly 25, 2025

Inligtingminister Emma Theofelus het die jongste kabinetsbesluite aangekondig, en sê die kabinet neem kennis van die dringende behoefte om fase twee van die Calueque permanente pompstasie te voltooi, asook die addisionele fondse wat daarvoor benodig word. Die kabinet het die onttrekking van fondse uit die Tegniese Komitee van Kundiges-rekening goedgekeur om die werk te voltooi. Dit het ook goedgekeur dat NamWater die nodige dienskontrak met die aangestelde kontrakteur aangaan om fase twee van die projek uit te voer.