Vyandighede tussen Thailand, Kambodja dood 12July 25, 2025
Internasionaal het ‘n Thaise F-16-vegvliegtuig Donderdag teikens in Kambodja gebombardeer na die twee lande artillerie-vuur uitgeruil het. Thailand sê daar was 12 sterftes in drie Thaise provinsies, waarvan 11 burgerlikes was, en 31 mense is gewond. Die aantal Kambodjaanse ongevalle is nie bekend nie, berig Reuters. Volgens die Thaise gesondheidminister, Somsak Thepsuthin, is ‘n hospitaal in Surin-provinsie getref in wat hy ‘n oorlogsmisdaad noem. Thailand het ook meer as 40 000 mense uit grensgebiede ontruim en baie van hulle na tydelike skuilings geneem. Die twee lande gee mekaar die skuld vir die begin van botsings in ‘n betwiste grensgebied.