Duur vliegkaartjies knou plaaslike toerisme July 26, 2025

Duur vliegtuigkaartjies na Namibië ondermyn die langtermyn-groeivoorsuitsigte van die toerismebedryf in die land, sê die uitvoerende hoof van Gondwana Collection, Gys Joubert. Joubert was vandeesweek een van die sprekers by die Taking Stock Namibia 2025-forum in Windhoek. Volgens hom is vliegtuigkaartjies na Namibië buite verhouding duur, en omskep dit die land in ‘n ekslusiewe, premium-mark. Hoewel dit goed in terme van opbrengs is, beperk dit die skep van werksgeleenthede in dié sektor, maan Joubert.