Goreangab se vis onveilig, waarsku ministerie July 26, 2025
Die ministerie van visserye het sy stem by dié van die Windhoekse munisipaliteit gevoeg en inwoners gewaarsku om nie vis in die Goreangab-dam te vang nie. Volgens die ministerie vang mense toenemend vis in die dam en verkoop dit selfs. Afvalwater van omliggende nywerheids- em woongebiede vloei in die Goreangab-dam in en die vis daarin kan met swaarmetale en bakterieë besoedel wees, het die ministerie gewaarsku. Dit is geensins vir menslike gebruik geskik nie, beklemtoon die ministerie.