Indië wil nóg sterker bewaringsbande met Namibië smee July 26, 2025
Die omgewingsministers van Namibië en Indië het Vrydag op die kantlyn van ‘n COP15-vergadering in Zimbabwe sterker bande met die bewaring van jagluipers bespreek. Indië se omgewingsminister, Bhupender Yadav, het op X gesê die gesprek met sy Namibiese eweknie, Indileni Daniel, was onder meer gegrond op beide lande se prioritisering van volhoubaarheid. Namibië het in 2022 agt jagluiperds aan Indië geskenk, waar dié beskermde spesie uitgesterf het. Twee van dié diere het sedertdien gevrek, asook drie welpies wat in Indië gebore is.