Plaaslike registrasie van voëlgriep-entstof ondersoek July 26, 2025

Die Pluimveeprodusentevereniging van Namibië gaan die plaaslike registrasie van entstowwe teen voëlgriep ondersoek as deel van proaktiewe stappe om vir moontlike toekomstige gevalle voor te berei. Die vereniging sal saam met privaat veeartse ’n gesamentlike voorstel aan die betrokke owerhede indien as deel van pogings om nasionale paraatheid te versterk. Die vereniging beplan ook om saam te werk met die direktoraat van veeartsenydienste en die ministerie van landbou om Namibië se noodaksie vir voëlgriep te ontwikkel en te formaliseer. Die voorstel het ten doel om duidelike riglyne te stel oor die invoer en beweging van lewende voëls, die regulering van die verspreiding van pluimvee en prosedures vir enting.