Ses dood, 20 gewond in aanval in Iran July 26, 2025

Onbekende aanvallers het vanoggend ‘n geweer- en granaataanval op ‘n hofgebou in suidoos-Iran geloods, waarin ses mense, insluitend ‘n kind, dood en 20 gewond is. Volgens die staatstelevisie het is drie van die aanvallers dood in ‘n skermutseling met die polisie en veiligheidsmagte. Tasnim-nuusagentskap berig die aanvallers behoort aan die militante groep Jaish al-Adl, wat onafhanklikheid vir Iran se oostelike Sistan en Pakistan se suidwestelike Baluchistan-provinsies wil hê.