Gholf: Ernie Els jaag agste beker op KampioenetoerJuly 27, 2025

Teen die begin van die vierde rondte van die ISPS Handa Senior Ope by Sunningdale in Brittanje, is Ernie Els in die gesamentlike vierde plek, twee houe agter die leier, die Ier, Padaig Harrington. Hy was gelykop agtste, sewe onder baansyfer, en ses houe agter die leier na die derde rondte Saterdag. Els soek sy agtste oorwinning op die Kampioenetoer. Els se landgenote Darren Fichardt en Keith Horne deel die tiende posisie met Cameron Percy van Brittanje, wat ‘n ronde van 6 onder baansyfer 66 voltooi het.