Griekeland steier onder veldbrande July 27, 2025
Vyf reuse-veldbrande woed in Griekeland ná nóg ‘n hittegolf die land getref het. Inwoners in swaargeteisterde gebiede word ontruim en die regering het die Europese Unie gevra om te help om die brande te bestry. Verlede maand het ‘n brand 4 700 hektaar op Griekeland se vyfde grootste eiland, Chios, vernietig. Vroeër vandeesmaand moes 5 000 toeriste op Kreta ontruim word ná ‘n brand amok gesaai het.