Grootfonteinse sakeman sterf in ongelukJuly 27, 2025

Sakeman, loods en voormalige tydrenjaer Jaco van Dyk is Saterdagnag in ‘n motorongeluk op die B8-pad tussen Grootfontein en Otavi dood. Volgens die polisie het Van Dyk vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor nadat dit ‘n brug getref het. Hy was van Swakopmund op pad terug na Grootfontein. Die 52-jarige Van Dyk was ‘n 2020 in die nuus nadat sy helikopter in die berge oos van Windhoek neergestort het. Sy drie kinders was destyds saam met hom in die helikopter en het ook wonderbaarlik die ongeluk oorleef.