Namibië se beeskudde amper 2,8 miljoen diere sterk July 27, 2025

Namibië se nasionale beeskudde teen die einde van verlede jaar het uit 2,77 miljoen diere bestaan, toon die jongste opname van die direktoraat veeartsenydienste. Die Otjiwarongo-distrik spog met die grootste kudde van 301 000 beeste. Daar was meer as 2,3 miljoen skape in die land, met die grootste kudde van 708 765 in die Mariental-distrik. Daar was ook meer as 11 miljoen hoenders in Namibië, die meeste daarvan in die Windhoek-distrik. Varksyfers bly onder druk, met net minder as 134 000 diere landswyd teen die einde van 2024.