Fantastic Four lê bo na eerste naweekJuly 28, 2025

Marvel se jongste strokiesboek-verwerking, The Fantastic Four: First Steps, het op sy eerste naweek koning gekraai by Nood-Amerikaanse kaartjiekantore. Die fliek se sterre is Pedro Pascal as wetenskap-genie Reed Richards, wat ʼn ruimtesending lei saam met sy vrou Sue Storm, vertolk deur Vanessa Kirby, en Joseph Quinn as haar broer Johnny Storm. Superman met David Corenswet in die hoofrol is tweede en Universal se Jurassic World Rebirth derde. Apple se F1: The Movie is vierde en Paramount se teken-blyspel, Smurfs, voltooi die topvyf.