Minderjariges (weer) verkrag oor die naweekJuly 28, 2025
Drie van die vier verkragtingsake wat die naweek by die polisie aanhangig gemaak is, se slagoffers is jonger as 16 jaar. Op Kamanjab ondersoek die polisie ‘n saak van herhaalde verkragtings van ‘n 12-jarige meisie. Op Groot-Aub is ‘n 18-jarige seun in hegtenis geneem ná hy na bewering Saterdag ‘n 11-jarige meisie verkrag het. ‘n Meisie van 14 is Saterdag na bewering op Grootfontein verkrag en ‘n 28-jarige man is in hegtenis geneem.