NamPol ondersoek Prosperity brandstigtingJuly 28, 2025
Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting en kwaadwillige beskadiging van eiendom ná ‘n onbekende verdagte vroeg Vrydagoggend die kantoor van Prosperity Health in Tsumeb aan die brand gesteek het. Die verdagte het ook suur op ‘n werknemer se motor agter die kantoor gegooi. Die omvang van die skade aan die voertuig, asook aan kantoortoerusting en meubels is nog nie bepaal nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.