Oud-All Black Ross kan hierdie naweek vir Wallabies opdrafJuly 28, 2025

Rugby: Voormalige All Black-stut Aidan Ross kan moontlik hierdie naweek sy debuut vir die Wallabies maak in die derde en laaste toets teen die Britse en Ierse Leeus. Hy is in Australië gebore en het as kind na Nieu-Seeland verhuis. Die 29-jarige Ross het in 2022 een toets vir die All Blacks gespeel en het nou die verpligtende drie jaar wagtydperk voltooi voordat hy vir ‘n ander land mag speel. Die Leeus het die eerste twee toetse gewen. Die laaste toets word Saterdag in Sydney gespeel.