SA-toeriste slagoffers van gewapende roofJuly 28, 2025

Twee Suid-Afrikaanse toeriste was vroeg Saterdagoggend op ‘n lodge naby Usakos die slagoffers van ‘n gewapende roof. Hulle was aan die slaap in hul tent toe twee mans, gewapen met messe, hulle oorval het. Die verdagtes het die man vasgebind en geld en eiendom ter waarde van 42 000 Namibiese dollar gesteel. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.