NamPower soek nuwe besturende direkteurJuly 29, 2025

NamPower is op soek na ‘n besturende direkteur. Die pos, wat ‘n vyfjaar kontrak is, is vandag in plaaslike media geadverteer. Visions Consulting is aangestel om die proses te bestuur. ‘n Minimum van tien jaar se ervaring in die energiesektor is, onder andere, deel van die vereistes sowel as polisieklaring. Aansoeke moet teen 22 Augustus ingedien wees. Die huidige besturende direkteur Kahenge Simson Haulofu, is op 16 Oktober 2015 as waarnemende besturende direkteur aangestel en in Julie 2016 as permanente besturende direkteur bevestig.