Noa bevestig nog twee vas in Namcor-saakJuly 29, 2025

Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa het bevestig dat nog twee verdagtes, wat verbind word met die Namcor-korrupsiesaak gearresteer is en na verwagting Woensdag hul eerste verskyning in die Windhoek-landdroshof maak. Een verdagte is die seun van een van die nege beskuldigdes wat vroeër in hegtenis geneem is, en die ander word gekoppel aan ‘n besigheid wat na bewering wins gemaak het uit Namcor-transaksies. Agt van die nege beskuldigdes doen aansoek om borgtog voor landdros Linus Samunzala wat weer Vrydag hervat. Hulle is ongeveer twee weke gelede in hegtenis geneem.