Seismiese data wys honderde miljoene vate meer olie in PEL 87July 29, 2025
Pancontinental Energy het sy verwagtinge vir potensiële herwinbare oliebronne in sy belowende eksplorasieblok met 666 miljoen vate opdateer. Die maatskappy is bedrywig in PEL 87 in die Oranje-bekken en sy opdatering volg na analise van 2D en 3D seismiese data. Hy het vroeër ‘n moontlike olie-kapasiteit van meer as 20 miljard vate onder die Saturnus-kompleks noord-wes van die Kudu gasveld aangedui. Die teenwoordigheid van koolwaterstowwe en hoë gehalte-reservoirs is reeds bevestig. Pancontinental soek egter nog na vennote om die eksplorasie-veldtog te help finansier. Hy bedryf PEL 87 met ‘n 75 persent belang, met Custos Investments wat ‘n 15 persent belang hou en Namcor 10 persent.