Terreurselle, dwelmsindikate op ons voorstoepJuly 29, 2025

Die adjunkbevelvoerder van die Amerikaanse Afrika-bevel of Africom, luitenant-generaal John Brennan, sê daar is jihadistiese groepe wat aan die periferie van beide Namibië en Angola opereer. Volgens Brennan is die groep ook aktief in Suid-Afrika en Mosambiek. Hy voeg by dat ‘n Meksikaanse dwelmkartel reeds vestig in die Suider-Afrikaanse streek. Volgens hom hou dit ‘n bedreiging in vir die veiligheid en stabiliteit wat Namibië en Angola geniet. Brennan sê Africom beskerm Namibië en Angola. Hy het verder beklemtoon dat Africom planne sal ondersteun om Walvisbaai in ‘n streeksentrum vir maritieme veiligheid, kusbeskerming en handel te omskep.