BKS: RPO sê situasie begin stabiliseer July 30, 2025

Nuwe bek-en-klouseer uitbrekings word steeds in Suid-Afrika aangemeld maar dit blyk asof die situasie begin stabiliseer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Frikkie Maré, die voorsitter van die Rooivleis Produsente-organisasie in die buurland, wat die jongste inligting deel.