Is ons ‘n land van dronklappe?July 30, 2025
Namibië staar toenemende uitdagings in die gesig met die afdwinging van alkoholregulasies, wat bydra tot wydverspreide beskikbaarheid, skadelike drinkpatrone en ernstige openbare gesondheidsrisiko’s. Dit is volgens ‘n nuwe verslag deur die Wêreldgesondheidsorganisasie. The Brief berig dat die WGO bevind het dat drank wyd beskikbaar is, dikwels met beperkte toesig. Ten spyte van wetgewing, het Namibië hoë vlakke van alkoholverbruik, 12 liter per capita per jaar, wat dit ver bo streeks- en wêreldgemiddeldes plaas. Die WGO merk ook op dat 12,7 persent van volwassenes aan swaar episodiese drinkery deelneem. In die 2023-24 boekjaar het maatskaplike werkers 3 420 intervensies vir alkoholgebruik aangemeld terwyl daar in 2019, 1 199 sterftes wat aan alkohol toegeskryf is, aangemeld.