Mediese fondse bou suplus op terwyl lede meer betaalJuly 30, 2025

In die eerste kwartaal van 2025 het mediese fondse ‘n gekombineerde surplus van 229,7 miljoen Namibiese dollar gerapporteer, terwyl pasiënte hoër uitgawes uit hul eie sak dra en dokters sukkel om hul praktyke bo water te hou. Die uitvoerende hoof van die Namibiese Privaat Praktisynsforum, dr. Jürgen Hoffmann, sê lede betaal meer, maar ontvang minder. Hy sê fondsbydraes neem elke jaar toe, maar voordele daal of bly staties. Hy verwys na Namaf, wat tussen 2022 en 2025 die sogenaamde ‘bykomende hospitaalvoordeel’ met 33 persent verminder het. Hy sê vanjaar is die Namaf-fooi vir ‘n mediese noodoproep 741,60 – minder as ‘n loodgieter se oproepfooi. In die praktyk, sê Hoffmann, verskuif hierdie stelsel die kostelas na fondslede terwyl die fondse surplusse opbou.