Nsfaf onder skoot vir swartlys van leners sonder kennisgewing en terwyl navrae gedoen isJuly 30, 2025
Die eerste klagtes oor die stappe deur die studente hulpfonds, Nsfaf, om wanbetalers te swartlys, het na vore getree. Die fonds se uitvoerende hoof Kennedy Kandume het vroeër aangekondig dat die stappe geneem sal word vir studielenings wat nie betaal word nie. Maar, hy het bygevoeg dat geen betaling van werkloses geëis word nie en dat skuld ook afgeskryf word indien die lener sterf. Kosmos 94.1 Nuus is bewus van verskeie studente wat lenings het, begin werk het en aansoek gedoen het om betalings te begin maar nooit weer van die fonds gehoor het nie. Van die leners is nou geswartlys, sonder enige kennisgewing.