RWC se goedkoopste kaartjie kos N$1 167July 30, 2025
Wêreldrugby beloof ‘n groter, omvattender en toegankliker Wêreldbekertoernooi ooit in Australië oor twee jaar. Die toernooi is vergroot van 20 tot 24 spanne, wat opgedeel sal word in ses groepe van vier elk. Wêreldrugby se voorsitter, Brett Robinson, sê kaartjies sal van Februarie verkoop word en ‘n miljoen sal beskikbaar wees teen die laagste prys van 1 167 Namibiese dollar. Sydney sal die halfeindstryde aanbied, asook die eindstryd op 13 November 2027.