SA handelsgesprekke met VSA sonder Namibië wek kommerJuly 30, 2025
Daar is groot kommer oor Suid-Afrika se handelministerie wat eensydig met Amerika onderhandel oor marktoegang en tariewe vir produkte wat belangrik is vir Namibië en ook die Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Sacu. Die plaaslike handelskenner Anton Faul sê dit sluit in hoender en bloubessies. Die Namibiese handelministerie het nie laat blyk dat hy betrokke is by die onderhandelinge nie, en as hy is, het hy nie met plaaslike produsente daaroor geskakel nie. Die ministerie was glo ook in Amerika vir handelsgesprekke sonder terugvoering of dat produsente in die saak geken is. Faul sê dis onaanvaarbaar dat die Landbou-handelsforum hiervan by die media moet hoor. Hy stel voor dat die Pluimveeprodusente-vereniging aan die handelministerie skryf om kommer uit te spreek en ‘n opdatering te vra oor Namibië se onderhandelinge oor handel met Amerika.