Bewerings oor onwettige mynwese in Dorob Nasionale ParkJuly 31, 2025

Onwettige mika-mynboubedrywighede duur volgens berigte voort binne die Dorob Nasionale Park in die Namib, ten spyte van ‘n gerapporteerde regeringsondersoek en boetes wat vroeër vanjaar uitgereik is. Erongo berig dat toerisme-operateurs, omgewingsbewustes en inwoners beweer toenemende omgewingskade, lakse afdwinging en doelbewuste ontduiking in die lisensiëringsproses wat na bewering gekoppel is aan die Eksklusiewe Prospekteringslisensie 10877. Daar is kommer onder rolspelers en hulle meen die beplande omgewingsimpak-studie is net ‘n rookskerm omdat hulle reeds myn. ‘n Nedersetting van honderde mense is aangemeld wat naby die Swakoprivier werksaam is, na bewering sonder permitte of infrastruktuur. Swaar masjinerie, watertenks, tente en oopgroefaktiwiteit is waargeneem, volgens ooggetuies. Die eienaar van die lisensie, Omegore Mineral and Trading, is blykbaar ook in Chinese besit.