Brandstofprys-protes in Angola dood 22 July 31, 2025
Onluste in Angola na brandstofprysverhogings het sedert Maandag 22 lewens geëis. Kalmte het na die hoofstad, Luanda, teruggekeer nadat sporadiese geweerskote Maandag en Dinsdag daar en in verskeie ander stede gehoor is, terwyl mense winkels gestroop en met die polisie gebots het toe geweld gedurende ‘n taxi-staking uitgebreek het. Die staking is die nuutste in ‘n reeks betogings nadat die brandstofprys op 1 Julie van 5 Namibiese dollar 92 sent na 7 dollar 72 sent per liter verhoog is met subsidies wat verminder word. Dit het die lewenskoste vir miljoene arm mense laat styg in een van Afrika se voorste olieproduserende lande.