ERP gesels oor renoster-reservaatJuly 31, 2025

Namibië het die wêreld se grootste privaat swartrenoster-reservaat bekendgestel, ‘n groot hupstoot vir die beskerming van bedreigde spesies. Die vennootskap tussen Gondwana Collection Namibia, Elephants, Rhino and People Namibia, of te wel ERP, en die omgewingministerie het ten doel om swartrenosters en ander kwesbare spesies weer in hul historiese verspreidingsgebied te vestig. Met minder as 5 500 swartrenosters oor, versterk die projek Namibië se wêreldwye bewaringsleierskap. Kosmos 94.1 Nuus het met die besturende direkteur van ERP Namibia, Tinus Hansen gepraat.