Hage Geingob-snelweg teen September voltooiJuly 31, 2025
Die uitvoerende hoof van die Paaie-owerheid dr. Conrad Lutombi het die nuut voltooide verkeersirkel wat die B6 verbind met die Hosea Kutako Internasionale Lughawe amptelik vir verkeer geopen. Die belangrike kruising sal die verkeersvloei en veiligheid vir padgebruikers wat toegang tot die lughawe verkry, aansienlik verbeter. Volgens Lutombi vorder die Hage Geingob-snelwegprojek en werk aan Afdelings 2A en 2B sal teen die einde van Augustus voltooi wees. Die amptelike opening van die voltooide snelweg is geskeduleer vir middel September vanjaar.