IPC-raadslid herroep oor wanbetalingJuly 31, 2025

Die herroeping van die IPC raadslid vir Windhoek, Bernadus Araeb, was volgens berigte omdat hy nie van sy verdienste met die party wou deel nie. Plaaslike media berig dat die party se nasionale sekretaris-generaal, Christine !Auchamus hom in ‘n skrywe daarvan beskuldig dat hy die party se finansiële bydrae-beleid oortree het. Hy het volgens wat berig word geweier om 10 persent van sy verdienste by Stad Windhoek aan die party oor te dra. Dit is sedert Januarie 2021 ‘n vereiste binne die IPC.