Veldtog geloods om leeruitdagings in onder-10s aan te spreekJuly 31, 2025

Eerste Minister Elijah Ngurare het namens president Netumbo Nandi Ndaitwah amptelik die Afrika-unie se End Learning Poverty for All in Africa-veldtog in Namibië geloods. Die veldtog het ten doel om alle kinders te help om toegang tot gehalte-onderwys te kry wat hulle in staat stel om ‘n eenvoudige teks te lees, dit te begryp en basiese wiskundige probleme op te los. Ngurare sê die onderwysministerie het reeds kritiese stappe gedoen om leer-gapings in kinders onder 10 te verbeter. Dit sluit in kurrikulumhervormings, belegging in vroeë kinderjare-ontwikkeling, bou van kapasiteit onder onderwysers en die implementering van assesserings soos die vroeëgraadse leesbeoordeling.