Honderde bees (weer) gesteel in ZambeziAugust 1, 2025
Die uitdagings met veediefstal in die Zambezi-streek duur voort. Goewerneur Dorothy Kabula sê 184 gevalle, waarby 614 bees betrokke is, is in die vorige boekjaar aangemeld met ‘n geraamde verlies van 3 miljoen Namibiese dollar. Van die diere is 299 bees teruggevind maar, 336 diere is steeds soek. Polisie in die streek het groot uitdagings met die misdaad. Tussen April 2022 en April 2023 is ‘n totaal van 824 beeste ter waarde van amper 5 miljoen dollar gesteel. Veediefstal bly ‘n groot uitdaging in Zambezi, en boere verloor vee wat dikwels deur die dik onbewaakte grens na naburige Zambië geneem word.