Hoop vir Gaza soos retoriek begin draai: VNAugust 1, 2025
Internasionale media berig dat Israel ongeveer 67 vragmotors met hulp per dag toelaat om Gaza binne te gaan terwyl meer as 400 daagliks nodig is om voedsel en medisyne na die inwoners van die streek te bring. Portugal sê daar is meer as 800 volgelaaide vragmotors vandag wat wag om Gaza binne te gaan. Die Amerikaanse gesant vir die Midde-Ooste Steve Witkoff besoek Gaza ook vandag. Maar, die hoof van die VN se hulpverleningsagentskap Tom Fletcher sê daar is wel hoop omdat die retoriek oor die oorlog besig is om te draai.