Miljoene bestee om grond vir hoofweg te bekomAugust 1, 2025
Die Paaie-owerheid het 32,2 miljoen Namibiese dollar betaal vir grond om die Hage Geingob-hoofweg na die lughawe te bou. Ingevolge die wet hoef die owerheid nie vir onteiende grond vir paaie te betaal nie maar hy doen wel. Eienaars van grond kan ook nie, ingevolge die wet, weier om die grond te laat vaar nie. Volgens die owerheid se uitvoerende hoof, dr, Conrad Lutombi, is die uitbetalings gedoen op waardasie waarde en op ‘n deursigtige wyse na konsultasies met die eienaars.