Mosiehof: Banke eis N$62,4m vir 44 leningsAugust 1, 2025

Dit was a dik mosiehofrol vanoggend met 95 aansoeke vir verstekvonnisse met 17 op die reël 108-rol. Regters Thomas Masuku en Nate Ndauendapo het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 44 van die aansoek gebring en eis ‘n reuse skuldlas van 48,4 miljoen Namibiese dollar op 24 eiendomme op. Sestien lenings is nou betaalbaar teen amper 14 miljoen dollar. In Maandag se sessie hanteer regter Andrew Corbett 27 onverdedigde egskeidings.