NamRA stel opgawe-indiening vir sekere belastingbetalers uitAugust 1, 2025

Die Namibië Inkomsteagentskap, NamRA, het die sperdatum vir die indiening van inkomstebelastingopgawes tot 31 Oktober 2025 verleng vir belastingbetalers wat geraak word deur die implementering van artikel 21 van die Inkomstebelastingwet. NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, sê die uitstel is van toepassing op opgawes wat oorspronklik op 31 Julie, 31 Augustus en 30 September 2025 ingedien moes wees. Hy sê dis weens stelselgereedheidsuitdagings, terwyl NamRA voorberei om wysigings aan artikel 21 te implementeer. Die wysiging stel perke op die vasstelling van beoordeelde verliese wat uit vorige jare van assessering oorgedra is. NamRA moedig belastingbetalers aan om die tyd te gebruik om hulself vertroud te maak met die veranderinge en om nakoming te verseker.