Voogde, kerkleiers moet help met jeug-dwelmmisbruikAugust 1, 2025

Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, sê dat dwelmmisbruik en onwettige handel sistemiese uitdagings in Namibië geword het. Hy het by ‘n herdenking van die dag teen dwelmmisbruik en onwettige handel in Gobabis gesê 20 verdagtes is sedert die begin van die jaar in die streek gearresteer op dwelm-verwante klagte. Hy het beklemtoon dat dit belangrik is vir voogde en kerkleiers om ‘n rol te speel om dwelmgebruik onder die jeug aan te spreek. Hy sê dit gaan nie net oor wetstoepassing of gesondheidsorg nie, maar die beskerming van die land se toekoms, die koestering van menslike kapitaal en die bevordering van ‘n veerkragtige gemeenskap.