Ethiopië op koers om 48 miljard boompies te plantAugust 2, 2025

Ethiopië het 700 miljoen boomsaailinge in ‘n enkele dag geplant het as deel van sy nasionale herbebossingsprogram, die Green Legacy Initiative. Eerste minister Abiy Ahmed het die inisiatief in 2019 van stapel gestuur met planne om 50 miljard bome teen 2026 te plant. Die land is tans op koers om 48 miljard boompies te plant teen die einde van sy huidige reënseisoen. Daar word beraam dat byna 15 miljoen Ethiopiërs van alle ouderdomme – in beide landelike en stedelike gebiede – deelgeneem het.