Twee Kunene-bewareas digitaal verbindAugust 2, 2025
Die Gemeenskapsbewaringsfonds, saam met Nust het digitale kommunikasiestelsels, bekend as Gemeenskapsentrums, in twee bewareas in die Kunene-streek in gebruik geneem. Die resultaat is breëbandkonnektiwiteit in afgeleë gebiede met beperkte internettoegang in die Otjiu-Wes- en Orupembe-bewaringsgebiede. Kommunikasiebeampte Bernard Chunga het gesê die twee bewaringsgebiede, is geprioritiseer vanweë hul bestaande toerismefasiliteite, wat ‘n belangrike rol speel in die generering van plaaslike inkomste. Die nuut geïnstalleerde satelliet-gebaseerde WiFi-stelsels bied internetspoed van tot 20 megabit per sekonde vir aflaai en 10 megabit per sekonde vir oplaai.