Afrika-geleide vredesinisiatief vir oostelike DRKAugust 3, 2025
Afrika-leiers sal ‘n Afrika-geleide vredesinisiatief vir die konflik in oostelike Kongo lei. Die medevoorsitters van die gesamentlike Oos- en Suider-Afrika beraad, president William Ruto van Kenia en president Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe sê bemiddelings- en sekretariaatstrukture van die twee groeperings, saam met die Afrika-unie, sal saamgesmelt word om vrede te bewerkstellig. Veiligheid, stabilitiet en humanitêre uitdagings sal hierdeur aangespreek word.