Bespoedig Gelykmakingsfonds vir kommunale gebied – NNFUAugust 3, 2025
Die Namibiese Nasionale Boere-unie het die landbouministerie versoek om die implementering van die langverwagte Noordelike Kommunale Gebiede Gelykmakingsfonds te bespoedig. Sylvanus Naunyango sê dat hoewel infrastruktuurbeleggings, soos die voerkraal by Etudna welkom is, dit gepaard moet gaan met finansiële meganismes wat boere in staat stel om betekenisvol aan die veewaardeketting deel te neem. Hy sê die grootste struikelblokke vir gemeenskapsboere is nie veegetalle nie, maar beperkte toegang tot markte, swak dieregehalte en ‘n gebrek aan konsekwente voorsiening aan slagpale. Die gebied noord van die rooilyn is die tuiste van meer as die helfte van die land se bees.